Gedurende hierdie 6 jaar het ek gesien hoedat besoekersgetalle op
die webwerf toegeneem het vanaf 'n skamele 180 per maand (Augustus 2001)
tot meer as 11,000 besoekers per maand in 2006. Verlede jaar het
ons die 100,000 kerf oortref met die aantal besoekers by die
Jeugfokus webwerf! Dit het my laat besef watter wonderlike
hulpmiddel ons hier het, asook watter groot behoefte daar aan so
'n diens is.
Dit is my
ideaal dat ons op hierdie nuwe webwerf vir jongmense (van alle
ouderdomme) die uitdagings en probleme
waarmee ons jongmense (en hulle ouers) daagliks te kampe kry, gaan aanspreek.
Die idee is om ons jongmense in hulle geloof en geloofsgroei by te
staan, te lei en te begelei met artikels wat hulle kan help om tot
meer as oorwinnaars in Jesus Christus te ontwikkel.
Ons is
Koningskinders - mag ons elkeen leer om voluit as Koningskind te lewe!
Ek sal graag
wil hoor watter onderwerpe en temas jy graag op die webwerf sal
wil sien. Stuur asb. vir my 'n eposboodskap met jou idees en behoeftes.
Kontak my
ook asb. dadelik indien jy belangstel om op die een of ander wyse by
hierdie projek betrokke te wees. Medewerkers, advies en wenke is meer as welkom.
Besoek
hierdie nuwe webtuiste van tyd tot tyd om te sien hoedat ons
vorder met die projek ...
Ek groet jou
in die wonderlike Naam van ons Here Jesus Christus!
Johan van As
(Ds.)
Jeugfokus.org.za
Webmeester (2001 - 2007)
jvanas@dinamix.co.za
083 7072 952
Skype:
dinamixsa
Op soek na
www.jeugfokus.org.za? |