 |
|
William Shakespeare word beskou as een van die grootste dramaturge van alle
tye, en ook een van die grootste Engelse digters. Sy werk is in baie tale
geskryf. Hy was 52 jaar oud toe is hy op sy verjaardag oorlede. Die mensdom sou arm gewees het sonder Shakespeare se
letterkunde.
William Shakespeare is in April gebore as die seun van John en Mary Shakespeare. Sy geboortehuis is in Henleys straat in Stratford Upon Avon,'n markdorp in die hartjie van
Engeland. Die eerste keer wat sy naam êrens opgeteken is, is met sy doop in die kerk van die Heilige Drie Eenheid in Stratford. Omdat babas destyds daar met hulle geboorte gedoop is, word daar vermoed dat hy op 23 April 1564 gebore is.
Shakespeare se ma, Mary Arden, was 'n dogter uit 'n welgestelde boer- gesin naby
Wilmcote. Sy pa John was van 'n nederiger boere-afkoms en het 'n handskoenmakery
besit. Hy het later een van die dorp se toonaangewende Burgers geword en is uiteindelik tot Bailiff verkies as
burgemeester. |